Friday 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.

1 comment:

  1. Online Casino Canada
    Online casino Canada · Games: Slots, Blackjack, Roulette, Video Poker and 카지노 more. · Minimum Deposit: $10 · Wagering Requirement: $50. 인카지노 · 바카라 사이트 Bonus Type:

    ReplyDelete