DIE BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG
Die deeg is so veelsydig en werk en rol maklik uit.
Die deeg is wonderlik vir die maak van pizza, pasteie en selfs om 'n tertbord
mee uit te voer vir 'n quiches.
Voor jy die deeg uitrol plaas die warm deeg op uitgerolde kleefplasiek en
plaas dan weer kleefplastiek bo op. Rol uit soos gewone deeg.
Die deeg is voldoende vir twee quiche panne, deel die deeg in die helfte en
rol eers een deel uit en plaas dit dan in die bak. Rol die tweede helfte uit,
as die deeg te koud geword het om lekker uit te rol plaas dit vir 30 sekondes
terug in die mikrogolf oond of tot dit weer sag genoeg is om uit te rol.
Gebruik vir die maak van pizzas maar moet nie die deeg oorlaai met “toppings”
nie want dit kan die deeg in die middel pap maak.
Die deeg vries goed so bere elke oorskiet stukkie want die deeg is duur.
2 Eetlepels Klapper olie
300 gram gerasperde mozzarella kaas
1 Koppie Self Raising Glutenvry meel van NATURES CHOICE
OF
3/4 koppie graanvry meel mengsel (sien nota onder)
1 eier, liggies geklits
1/4 teelepel sout.
Voorverhit die oond tot 200 grade C
Plaas die kaas en klapper olie in 'n mikrogolfoond bak, plaas die bak in die mikrogolfoond en smelt die Mozzarella kaas. Dit het 2 minute in my 1200 Watt mikrogolfoond geneem.
Voeg die Glutenvry of Graanvry meel by die gesmelte kaas en voeg die geklitste eier en sout by.
Roer vinnig tot amper gemeng, gooi uit en knie tot elasties en die meel goed versprei en ingemeng is.
Rol die deeg uit tussen twee lae kleefplastiek. As die deeg te koud word om uit te rol kan dit net vinnig weer verhit word tot dit sag voel.
GRAANVRY MEELMENGSEL
Meng 500 ml (2 koppies) amandelmeel met 150 ml (2/3 Koppie) klappermeel.
Stoor in 'n geseƫlde houer en gebruik soos benodig.


