Showing posts with label Low-carb. Show all posts
Showing posts with label Low-carb. Show all posts

Saturday, 16 April 2016

Mocha Sjokoladekoek



MOCHA EN SJOKOLADEKOEK

Glutenvry, verfynde suikervry, Suiwelvry, Low-Carb
 

Bestanddele
Droë bestanddele
½ koppie klapper meel
½ onversoete kakao
2 teelepels glutenvry bakpoeier
¼ teelepel sout
1 koppie Erythritol
Nat bestanddele
6 groot eiers
½ koppie klapper melk of Amandelmelk
½ koppie water
½ koppie klapper olie gesmelt (ek hou van Quinn’s) maar as botter jou nie affekteer nie gebruik dit eerder.

 Versiersel 

2 ryp avokadopere
½ koppie onversoete kakao
½ koppie of meer na smaak heuning
½ teelepel vanielje
Knypie sout
½ teelepel Psyllium Husk
2 eetlepels sterk koffie

Metode

1. Voorverhit oond tot 180 C
2. Sny bakpapier en plaas in 2 koekpanne met 'n 20 cm deursnee en spuit goed of smeer dit goed met klapperolie
3. Sif die droë bestanddele 2x
4. Klits die nat bestanddele saam en roer dit met 'n ballon klitser by die droë bestanddele.
5. Deel die beslag eweredig tussen die twee panne.
6. Bak vir 25 minute of tot gaar, oppas vir droog bak.
7. Laat in die panne afkoel en keer dan op 'n rakkie uit.

Versiersel

Metode 

1. Sny en ontpit die avokadopere, skep die vlees uit en plaas dit in 'n voedselverwerker (dit gee 'n baie gladde tekstuur)
2. Voeg al die ander bestanddele by die avokadopere en blits dit tot alles goed gemeng en glad is.
Samestelling van die koek

1. Neem een van die lae en plaas dit op 'n mooi bord, smeer van die versiersel op, plaas die tweede laag op en smeer van die versiersel bo op en langs die kante.
3. As daar versiersel oorbly eet dit as 'n sjokolade mousse
4. Hou in die yskas. 

WENK
Laat die koek vir 'n paar uur staan, dis die volgende dag nog beter.


Friday, 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.

BESTE GRAANVRY PASTEIKORS




DIE BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG

Die deeg is so veelsydig en werk en rol maklik uit.
Die deeg is wonderlik vir die maak van pizza, pasteie en selfs om 'n tertbord mee uit te voer vir 'n quiches.
Voor jy die deeg uitrol plaas die warm deeg op uitgerolde kleefplasiek en plaas dan weer kleefplastiek bo op. Rol uit soos gewone deeg.



Die deeg is voldoende vir twee quiche panne, deel die deeg in die helfte en rol eers een deel uit en plaas dit dan in die bak. Rol die tweede helfte uit, as die deeg te koud geword het om lekker uit te rol plaas dit vir 30 sekondes terug in die mikrogolf oond of tot dit weer sag genoeg is om uit te rol.


Gebruik vir die maak van pizzas maar moet nie die deeg oorlaai met “toppings” nie want dit kan die deeg in die middel pap maak.
Die deeg vries goed so bere elke oorskiet stukkie want die deeg is duur.





BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG
2 Eetlepels Klapper olie
300 gram gerasperde mozzarella kaas
1 Koppie Self Raising Glutenvry meel van NATURES CHOICE
OF
3/4 koppie graanvry meel mengsel (sien nota onder)
1 eier, liggies geklits
1/4 teelepel sout.

Voorverhit die oond tot 200 grade C
Plaas die kaas en klapper olie in 'n mikrogolfoond bak, plaas die bak in die mikrogolfoond en smelt die Mozzarella kaas. Dit het 2 minute in my 1200 Watt mikrogolfoond geneem.
Voeg die Glutenvry of Graanvry meel by die gesmelte kaas en voeg die geklitste eier en sout by.
Roer vinnig tot amper gemeng, gooi uit en knie tot elasties en die meel goed versprei en ingemeng is.
Rol die deeg uit tussen twee lae kleefplastiek. As die deeg te koud word om uit te rol kan dit net vinnig weer verhit word tot dit sag voel.
GRAANVRY MEELMENGSEL
Meng 500 ml (2 koppies) amandelmeel met 150 ml (2/3 Koppie) klappermeel.
Stoor in 'n geseëlde houer en gebruik soos benodig.

Thursday, 14 January 2016

Lekkerste Graanvrye Bruintjies






Die bruintjies is heerlik en al sit jy dit voor vir gaste, vriende of familie wat nie graanvry is nie sal hulle dit nie weet nie. Hou net ingedagte dat amandelbotter duur is as jy dit klaargemaak koop maar dis baie maklik om jou eie te maak deur 'n koppie amandels in 'n voedsel verwerker te plaas met plus-minus 2 eetlepels klapperolie, verwerk tot glad en romerig, daar sal altyd klein growwe deeltjies wees maar dis belangrik om dit redelik glad te kry.
Sny dit in klein porsies want dit is baie ryk.

DIE LEKKERSTE BRUINTJIES
Graanvry, suikervry (verfynde suikers), Laktoosvry.
Geskik glutenvry, Paleo en Low-Carb
BESTANDDELE
1 Koppie amandelbotter (maak dit self deur amandels en 2 eetlepels klapperolie  in 'n voedsel verwerker te plaas tot dit glad en romerig is) of koop die amandelbotter klaar gemaak.
1/3 Koppie heuning of regte maple syrup (te kry by gesondheidswinkels)
2 eiers
2 Eetlepels gesmelte klapperolie
1 Teelepel vanielje
1/3 Koppie suiwer kakaopoeier (nie die soort wat versoet is nie)
½ Teelepel koeksoda

METODE
Voorverhit die oond op 160 ˚C.
Plaas die amandelbotter, heuning of maple syrup, eiers, klapperolie in 'n groot bak en klits dit baie goed.
Voeg die kakao en koeksoda by en roer goed deur.
Plaas bakpapier in 'n koekpan 23 cm x 23 cm en spuit goed.
Gooi die deeg in die pan en smeer die deeg ewerig uit, hoe egaliger jy die deeg smeer hoe beter sal die eindproduk wees.
Bak vir 20 minute, die bruintjies moet nog sag voel as jy daarop druk.
Los in die pan om af te koel.
Keer uit die pan en verwyder die bakpapier.
Sny in klein blokkies en versier.

WENK
Doop 'n lepel in water en gebruik die agterkant om die deeg egalig te maak.

BEDIENING
Plaas 'n teelepel CRÈME FRAÎCHE op elk en versier met bessies.
Vir 'n suiwelvrye opsie: Plaas 'n blikkie kokosroom in die yskas vir tenminste 12 uur (ek het altyd 'n blikkie in my yskas), gooi die koue room in 'n bak en klits liggies, voeg 'n bietjie kaneel by en 'n teelepel heuning as jy dit sou verkies.

Die bruintjies hou goed in die yskas.