IT STARTS WITH FOOD: Mellissa
and Dallas Hartwig
Bak en kosmaak is my grootste
passie in die lewe maar ek is 6 jaar terug gediagnoseer met “leaky gut” wat
daartoe gelei het dat ek 'n outoïmmuun siekte ontwikkel het met kroniese
inflammasie, ek is ook met Barrets Esophagus gediagnoseer as gevolg van herhaaldelike GERD en
my IBS het jaar na jaar erger geword met krampe wat soos elektriese steke deur
my gegaan het, ek het in 'n baie diep depressie verval en het die punt bereik
dat alles net teveel vir my was en toe kom die draaipunt na ek in 2015 'n ligte
beroerte gehad het.
Ek moes afskeid neem van tradisionele kosse en tradisionele gebak met koekmeel en suiker, die proses was moeilik ja sommer baie moeilik want in my hart, siel en gees was ek letterlik en gebak getroud gewees, die aflê daarvan het my deur 'n rou proses geneem en ek het in 'n diep depressie verval want ek wou myself nie losmaak van dit wat ek so lief gehad het nie.
Ek is nie 'n mediese praktisyn of 'n dieetkundige nie, my pad is een van navorsing en om te ontdek watter kosse die beste werk vir my gesondheid en omstandighede.
My fokus is om Paleo resepte in Afrikaans te plaas en die bestanddele van oorsese bestanddele aan te pas vir Suid Afrikaanse produkte.
Dis nie my doel om enigsins mediese raad te gee nie want ek is nie 'n praktisyn of 'n dieetkundige nie.
Ek is op 'n ontdekkings reis om my kroniese inflammasie onder beheer te bring deur 'n lewensveranderende eetplan te volg wat SUIKERVRY, GRAANVRY EN LAKTOOSVRY is omdat die bestanddele inflammasie deur my ingewande en lyf veroorsaak.
My reis begin met die boek: It starts with food deur Dallas en Melissa Hartwig
Gesondheids Groete
Nini
En so stap ons die pad...
ReplyDeleteEk het egter al 'n hele ruk gelede, meer as 'n jaar om die waarheid te sê, al koring uitgesny. Maar ons het rogmeel in die plek van koring gebruik.
Met die diagnose van Hashimoto's in September 2015, moes ek meteens 'n hele omwenteling deurgaan. Maar omdat dit my gesondheid is en ek nie kans sien vir meer en erger outoimmune siektes nie, het ek pens en pootjies die AIP (autoimmune protocol) begin volg.
Na byna 4 maande op die dieet het heelwat simptome verbeter, maar ander bygekom....
Die groot voordeel was dat ek 16kg afgeskud het! My "brain fog" het gelig en die moegheid is minder....
Sterkte op hierdie pad met resepte en aanpassings. Ons het al heerlike resepte uit VSA gemaak - my dogter en ek.
Sy het Desember mondig geword en ons moes bak en brou wat ons kon eet - alles klapper....
Die groot lekkerte was die klapperroomys!