Die bruintjies is heerlik en al sit jy dit
voor vir gaste, vriende of familie wat nie graanvry is nie sal hulle dit nie
weet nie. Hou net ingedagte dat amandelbotter duur is as jy dit klaargemaak
koop maar dis baie maklik om jou eie te maak deur 'n koppie amandels in 'n voedsel
verwerker te plaas met plus-minus 2 eetlepels klapperolie, verwerk tot glad en
romerig, daar sal altyd klein growwe deeltjies wees maar dis belangrik om dit redelik
glad te kry.
Sny dit in klein porsies want dit is baie ryk.
DIE
LEKKERSTE BRUINTJIES
Graanvry,
suikervry (verfynde suikers), Laktoosvry.
Geskik
glutenvry, Paleo en Low-Carb
BESTANDDELE
1 Koppie amandelbotter (maak dit self deur amandels en 2 eetlepels
klapperolie in 'n voedsel verwerker te
plaas tot dit glad en romerig is) of koop die amandelbotter klaar gemaak.
1/3 Koppie heuning of regte maple syrup (te kry by gesondheidswinkels)
2 eiers
2 Eetlepels gesmelte klapperolie
1 Teelepel vanielje
1/3 Koppie suiwer kakaopoeier (nie die soort wat versoet is nie)
½ Teelepel koeksoda
METODE
Voorverhit die oond op 160 ˚C.
Plaas die amandelbotter, heuning of maple syrup, eiers, klapperolie in
'n groot bak en klits dit baie goed.
Voeg die kakao en koeksoda by en roer goed deur.
Plaas bakpapier in 'n koekpan 23 cm x 23 cm en spuit goed.
Gooi die deeg in die pan en smeer die deeg ewerig uit, hoe egaliger jy
die deeg smeer hoe beter sal die eindproduk wees.
Bak vir 20 minute, die bruintjies moet nog sag voel as jy daarop druk.
Los in die pan om af te koel.
Keer uit die pan en verwyder die bakpapier.
Sny in klein blokkies en versier.
WENK
Doop 'n lepel in water en gebruik die agterkant om die deeg egalig te
maak.
BEDIENING
Plaas 'n teelepel CRÈME FRAÎCHE op elk en versier met bessies.
Vir 'n suiwelvrye opsie: Plaas 'n blikkie kokosroom in die yskas vir
tenminste 12 uur (ek het altyd 'n blikkie in my yskas), gooi die koue room in
'n bak en klits liggies, voeg 'n bietjie kaneel by en 'n teelepel heuning as jy
dit sou verkies.
Die bruintjies hou goed in die yskas.
Welkom in ons wereld. Geniet elke oomblik. Leef groot. Kook groot en kook gesond. Ek gaan onmiddelik die bruintjie-resep vir my vriend stuur x
ReplyDeleteDankie Anel ek waardeer jou antwoord mag jou pad voorentoe net goed gaan
Delete