Showing posts with label Banting. Show all posts
Showing posts with label Banting. Show all posts

Friday, 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.

BESTE GRAANVRY PASTEIKORS




DIE BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG

Die deeg is so veelsydig en werk en rol maklik uit.
Die deeg is wonderlik vir die maak van pizza, pasteie en selfs om 'n tertbord mee uit te voer vir 'n quiches.
Voor jy die deeg uitrol plaas die warm deeg op uitgerolde kleefplasiek en plaas dan weer kleefplastiek bo op. Rol uit soos gewone deeg.



Die deeg is voldoende vir twee quiche panne, deel die deeg in die helfte en rol eers een deel uit en plaas dit dan in die bak. Rol die tweede helfte uit, as die deeg te koud geword het om lekker uit te rol plaas dit vir 30 sekondes terug in die mikrogolf oond of tot dit weer sag genoeg is om uit te rol.


Gebruik vir die maak van pizzas maar moet nie die deeg oorlaai met “toppings” nie want dit kan die deeg in die middel pap maak.
Die deeg vries goed so bere elke oorskiet stukkie want die deeg is duur.





BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG
2 Eetlepels Klapper olie
300 gram gerasperde mozzarella kaas
1 Koppie Self Raising Glutenvry meel van NATURES CHOICE
OF
3/4 koppie graanvry meel mengsel (sien nota onder)
1 eier, liggies geklits
1/4 teelepel sout.

Voorverhit die oond tot 200 grade C
Plaas die kaas en klapper olie in 'n mikrogolfoond bak, plaas die bak in die mikrogolfoond en smelt die Mozzarella kaas. Dit het 2 minute in my 1200 Watt mikrogolfoond geneem.
Voeg die Glutenvry of Graanvry meel by die gesmelte kaas en voeg die geklitste eier en sout by.
Roer vinnig tot amper gemeng, gooi uit en knie tot elasties en die meel goed versprei en ingemeng is.
Rol die deeg uit tussen twee lae kleefplastiek. As die deeg te koud word om uit te rol kan dit net vinnig weer verhit word tot dit sag voel.
GRAANVRY MEELMENGSEL
Meng 500 ml (2 koppies) amandelmeel met 150 ml (2/3 Koppie) klappermeel.
Stoor in 'n geseƫlde houer en gebruik soos benodig.