GLUTENVRY
VERFYNDE SUIKERVRY
SUIWELVRY
|
Glutenvry, verfynde
suikervry, Suiwelvry
Gutenvry kors
Die kors is wonderlik want dit word nie sag nie en behou sy vorm wanneer jy die melktert uitskep.
Bestanddele
½ koppie Mielieblom
½ teelepel sout
⅓ koppie gesmelte klapperolie (ek gebruik Quinn’s,
die reuk en smaak is vir my die beste)
⅓ koppie melk
1 teelepel vanielje
1 eetlepel suiker
1 eier
⅓ koppie klappermeel
½ – 1 koppie ekstra Mielieblom (genoeg om 'n deeg
te vorm)
Metode
1. Plaas die ½ koppie mielieblom, ⅓ klappermeel, suiker en die sout in 'n
mengbak.
2. Meng die gesmelte klapperolie, vanielje en melk, voeg die geklitste
eier by.
3. Voeg die vloeistof mengsel by die droƫ mengsel en meng goed.
4. Voeg die oorblywende mielieblom by, (begin met 'n ½ koppie op 'n slag)
5. As die deeg nog te pap is voeg die res van die mielieblom by.
6. Die deeg moet voel en lyk soos regte pasteikors deeg.
7. Druk die deeg in kleiner indiwiduele pannetjies of in 'n groot
tertpan.
8. Bak in 'n voorverhitte oond van 180˚C vir 15 minute.
9. Gooi die gaar melktertpap in die kors.
Glutenvrye Melktert vulsel
Vulsel
Kook saam
4 koppies plus 1/4 koppie volroom melk of Amandelmelk
½ koppie Suiker/ Xylitol/Erythritol of heuning
3 Eetlepels botter (laat uit as jy laktoos sensitief is)
'n knippie sout
3 eiers
95 g maizena
1 t vanielje
METODE
1.
Verhit 4
koppies melk, haal van die plaat af as dit begin borrels maak.
2. Neem die maizena en
meng dit met die 1/4 koppir melk tot 'n gladde pasta.
3. Roer die pasta by die
warm melk terwyl jy dit aanhoudend roer (dit kan maklik aanbrand)
4. Haal van die plaat af.
5. Klits 3 eiers goed en
voeg vanielje by, neem n koppie van die melktertpap en voeg dit bietjie vir bietjie by en die geklitste
eiers terwyl jy dit vinnig roer.
6. Voeg die eiermengsel by die melktertpap en roer vinnig, plaas die pot terug op plaat en laat dit saggies
prut vir 5 minute, bly roer anders brand dit aan.
7. Skep gaar vulsel in
die vooraf gebakte tert kors.
No comments:
Post a Comment