Showing posts with label Lekkers. Show all posts
Showing posts with label Lekkers. Show all posts

Tuesday, 3 May 2016

Lekkers

Droëvrugte stafies

Glutenvry

Paleo

AIP


Die vrugte wat ek gebruik het


Die mengsel in n 20x20 cm bak gedruk

Sny in netjiese blokkies

 


Droëvrugte stafies


Bestanddele

200 gram gedroogde vye
60 gram goue gedroogde rosyne/sultanas
240 gram Bosbessies (Natures Choice dried Cranberries)
120 gram gedroogde perskes/appelkosies
120 gram Natures Choice fyn klapper (nie klappermeel nie)
¾ teelepel kaneel
½ teelepel goeie fyn sout

Metode

1. Sny die gedroogde vye, appelkosies of perskes in kleiner stukkies.
2. Voeg al die bestanddele in 'n voedselverwerker en verwerk tot die mengsel soos nat sand lyk, dit is reg as jy 'n balletjie daarvan kan maak. Skakel die masjien met tussen poses af anders kan jy die verwerker dalk uitbrand.
3. Voer 'n 20x20 cm bak uit met bakpapier. Sny die papier groot genoeg sodat dit oor die rante van die bak hang want dit maak dit net makliker om uit te haal.
4. Druk die mengsel eweredig in die pan en maak dit gelyk met die onderste deel van 'n glas.
5. Plaas dit in die vrieskas vir 30 minute, haal dit uit en verwyder die droëvrugte mengsel met behulp van die bakpapier wat oorhang.
 6. Sny dit in 16 vierkante en stoor in 'n lugdigte houer met waspapier tussenin.

Friday, 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.