Sunday, 10 January 2016

Simptome van "leaky gut"

 

http://draxe.com/4-steps-to-heal-leaky-gut-and-autoimmune-disease/ 

Die diagram is van Dre Axe se webblad, gaan lees gerus wat hy op sy webblad skryf dit bevat wonderlike leersame inligting.


Ek het het vir jare lank 10 uit die 11 simptome gehad en dit het stelselmatig vererger, my depressie het hoogty gevier ek het net sieker geword tenspyte daarvan dat ek al jare lank glutenvry was, ek het kroniese inflamasie in my liggaam en ingewande ervaar en my dierbare dogter en man het gesê hulle glo dat daar meer kos soorte is wat my siek maak.
Hulle was reg gewees en na baie huil, ontkenning en kwaad wees het ek ingestem om die 30 dae wholeness program te volg wat uiteengesit is in IT STARTS WITH FOOD.
Maklik was dit nie, eerstens moes ek my gesindheid verander teenoor dit wat ek toegelaat was om te eet - ek wou nie glo dat my geliefde kosse my so siek kon maak nie en toe word my man met ernstige arteriosclerosis gediagnoseer en het hy by my leefwyse ingeskakkel.
Ek het gehoop dat ek na n aantal maande weer "normaal" sou kon eet maar heellaas dit kan jare neem om "leaky gut" te genees en in my geval het dit verder gegaan en het leaky gut outoïmmuun siektes veroorsaak.

Die wonderlike is ek vrede gemaak met die leefwyse en agtergekom dat ek heerlik kan eet MAAR die beste is ek kan voel hoe my liggaam besig is om te genees, stadig, bietjie vir bietjie en my depressie is besig om met rasseskrede te verbeter.
Dit raak alhoe makliker om sonder suiker en graan te leef veral omdat ek die ruseltate kan sien.

Die volgende inligting is geneem van Dr. Axe se webbladsy
 http://draxe.com/4-steps-to-heal-leaky-gut-and-autoimmune-disease/

Leaky Gut Symptoms and Progression
This leads to inflammation throughout your system and can cause symptoms, such as:
Bloating
Depression
Food sensitivities
Thyroid conditions
Fatigue
Joint pain
Headaches
Skin issues like rosacea and acne
Digestive problems
Weight gain
Syndrome X

No comments:

Post a Comment