Showing posts with label Paleo. Show all posts
Showing posts with label Paleo. Show all posts

Monday, 23 May 2016

TERTE


ONDERSTEBO PEERTERT
Glutenvry, Paleo en AIP

Bestanddele
1 groot peer (nie te ryp nie)
½ koppie klappermeel
¼ koppie arrowroot
1 teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
1 teelepel kaneel
1 ½ teelepel gemmer
⅓ koppie klapperolie
⅓ koppie heuning
4 eetlepels fyngedrukte baie ryp piesang
2 eetlepels gelatien, plus ½ koppie koue water (dit is die plaasvervanger vir die eiers)

METODE
1. Voorverhit die oond 180 ˚C
2. Neem 'n klein tertpan van 20 cm, voer dit met bakpapier en smeer goed met klapperolie.
3. Skil die peer, sny in die helfte en sny dan in dun skywe in 'n sirkel uit op die bakpapier.
4. Sprinkel die gelatien oor die koue water en los om te spons.
5. Meng al die droƫ bestanddele saam in 'n klein mengbak.
6. Verhit die klapperolie en heuning in 'n klein kastrol, dit moet nie kook nie, verwyder van die stoof plaas die gesponsde gelatien daarin en roer vinnig tot die gelatien gesmelt is.
6. Voeg die gelatienvloeistof by die droe bestanddele en meng goed.
7. Gooi dit oor die pere en bak vir 35 minute of tot die middel gestol en gaar is.
8. Laat die koek in die pan afkoel voor jy dit uitkeer.


Friday, 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.