Showing posts with label Suiwelvrye opsie. Glutenvry. Show all posts
Showing posts with label Suiwelvrye opsie. Glutenvry. Show all posts

Thursday, 14 April 2016

Glutenvry Melktert




GLUTENVRY
VERFYNDE SUIKERVRY
SUIWELVRY
MELKTERT
Glutenvry, verfynde suikervry, Suiwelvry 





Gutenvry kors

Die kors is wonderlik want dit word nie sag nie en behou sy vorm wanneer jy die melktert uitskep.
 

Bestanddele

½ koppie Mielieblom
½ teelepel sout
⅓ koppie gesmelte klapperolie (ek gebruik Quinn’s, die reuk en smaak is vir my die beste)
⅓ koppie melk
1 teelepel vanielje
1 eetlepel suiker
1 eier
⅓ koppie klappermeel
½ – 1 koppie ekstra Mielieblom (genoeg om 'n deeg te vorm)

Metode

1. Plaas die ½ koppie mielieblom, ⅓ klappermeel, suiker en die sout in 'n mengbak.
2. Meng die gesmelte klapperolie, vanielje en melk, voeg die geklitste eier by.
3. Voeg die vloeistof mengsel by die droë mengsel en meng goed.
4. Voeg die oorblywende mielieblom by, (begin met 'n ½ koppie op 'n slag)
5. As die deeg nog te pap is voeg die res van die mielieblom by.
6. Die deeg moet voel en lyk soos regte pasteikors deeg.
7. Druk die deeg in kleiner indiwiduele pannetjies of in 'n groot tertpan.
8. Bak in 'n voorverhitte oond van 180˚C vir 15 minute.
9. Gooi die gaar melktertpap in die kors.   




Glutenvrye Melktert vulsel




Vulsel

Kook saam

4 koppies plus 1/4 koppie volroom melk of  Amandelmelk

½ koppie Suiker/ Xylitol/Erythritol of heuning

3 Eetlepels botter (laat uit as jy laktoos sensitief is)

'n knippie sout

3 eiers

95 g maizena

1 t vanielje



METODE

1. Verhit 4 koppies melk, haal van die plaat af as dit begin borrels maak.

2. Neem die maizena en meng dit met die 1/4 koppir melk tot 'n gladde pasta.

3. Roer die pasta by die warm melk terwyl jy dit aanhoudend roer (dit kan maklik aanbrand)

4. Haal van die plaat af.

5. Klits 3 eiers goed en voeg vanielje by, neem n koppie van die melktertpap en voeg dit bietjie vir bietjie by en die geklitste eiers terwyl jy dit vinnig roer.

6. Voeg die eiermengsel by die melktertpap en roer vinnig, plaas die pot terug op plaat en laat dit saggies prut vir 5 minute, bly roer anders brand dit aan.

7. Skep gaar vulsel in die vooraf gebakte tert kors.

8. Sprinkel 'n bietjie kaneel oor en laat goed afkoel in die yskas voor jy dit sny.




Friday, 22 January 2016

FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER


FUDGE GEMAAK MET AMANDEL BOTTER

Fudge is 'n lekkerny wat my terugneem na my kinderdae want my mammie was 'n VLU kampioen gewees. Sy kon allerhande sagte en harde lekkergoed maak maar ons familie gunsteling was haar fudge gewees. Dit was smelt in die mond lekker gewees, sag en romerig gemaak met room, botter en suiker.
Vandag deel ek 'n heerlike vinnige resep vir fudge wat die wat die Low Carb, Banting of Paleo eetplan volg, dis ook Laktoosvry en suikervry.




Onthou om dit in die vrieskas te hou sodat dit ferm bly, dis 'n heerlike vinnige happie vir daardie ekstra bederf nou en dan.
Dis ook 'n gesonde suikervry alternatief om vir kinders te gee.

AMANDELBOTTER SJOKOLADE FUDGE
Bestanddele
1 ½ Koppie amandelbotter (ek het my eie gemaak en alhoewel dit nie so glad is soos die gekoopte amandelbotter nie is dit nog steeds heerlik en baie goedkoper om te maak)
¼ koppie Klapperolie
¼ Donker onversoete Kakaopoeier
¼ Koppie Xylitol of Erythritol of Heuning (ek het heuning gebruik, maar gebruik dan net die helfte van die Klapperolie anders is die mengsel te nat.)
½ Teelepel Vanilla ekstrak
'n Knypie Himalayan sout

METODE
Smelt die klapperolie (in die somer is dit gewoonlik klaar gesmelt)
Voeg al die ander bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voering 'n klein pannetjie uit met bakpapier en druk die mengsel in, maak dit gelyk met die agterkant van 'n lepel wat jy in water doop.
Plaas in die vrieskas tot dit gestol is.
Sny in klein blokkies en stoor in 'n lugdigte houer in die vrieskas.

Thursday, 14 January 2016

Lekkerste Graanvrye Bruintjies






Die bruintjies is heerlik en al sit jy dit voor vir gaste, vriende of familie wat nie graanvry is nie sal hulle dit nie weet nie. Hou net ingedagte dat amandelbotter duur is as jy dit klaargemaak koop maar dis baie maklik om jou eie te maak deur 'n koppie amandels in 'n voedsel verwerker te plaas met plus-minus 2 eetlepels klapperolie, verwerk tot glad en romerig, daar sal altyd klein growwe deeltjies wees maar dis belangrik om dit redelik glad te kry.
Sny dit in klein porsies want dit is baie ryk.

DIE LEKKERSTE BRUINTJIES
Graanvry, suikervry (verfynde suikers), Laktoosvry.
Geskik glutenvry, Paleo en Low-Carb
BESTANDDELE
1 Koppie amandelbotter (maak dit self deur amandels en 2 eetlepels klapperolie  in 'n voedsel verwerker te plaas tot dit glad en romerig is) of koop die amandelbotter klaar gemaak.
1/3 Koppie heuning of regte maple syrup (te kry by gesondheidswinkels)
2 eiers
2 Eetlepels gesmelte klapperolie
1 Teelepel vanielje
1/3 Koppie suiwer kakaopoeier (nie die soort wat versoet is nie)
½ Teelepel koeksoda

METODE
Voorverhit die oond op 160 ˚C.
Plaas die amandelbotter, heuning of maple syrup, eiers, klapperolie in 'n groot bak en klits dit baie goed.
Voeg die kakao en koeksoda by en roer goed deur.
Plaas bakpapier in 'n koekpan 23 cm x 23 cm en spuit goed.
Gooi die deeg in die pan en smeer die deeg ewerig uit, hoe egaliger jy die deeg smeer hoe beter sal die eindproduk wees.
Bak vir 20 minute, die bruintjies moet nog sag voel as jy daarop druk.
Los in die pan om af te koel.
Keer uit die pan en verwyder die bakpapier.
Sny in klein blokkies en versier.

WENK
Doop 'n lepel in water en gebruik die agterkant om die deeg egalig te maak.

BEDIENING
Plaas 'n teelepel CRÈME FRAÎCHE op elk en versier met bessies.
Vir 'n suiwelvrye opsie: Plaas 'n blikkie kokosroom in die yskas vir tenminste 12 uur (ek het altyd 'n blikkie in my yskas), gooi die koue room in 'n bak en klits liggies, voeg 'n bietjie kaneel by en 'n teelepel heuning as jy dit sou verkies.

Die bruintjies hou goed in die yskas.