Friday, 22 January 2016

BESTE GRAANVRY PASTEIKORS




DIE BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG

Die deeg is so veelsydig en werk en rol maklik uit.
Die deeg is wonderlik vir die maak van pizza, pasteie en selfs om 'n tertbord mee uit te voer vir 'n quiches.
Voor jy die deeg uitrol plaas die warm deeg op uitgerolde kleefplasiek en plaas dan weer kleefplastiek bo op. Rol uit soos gewone deeg.



Die deeg is voldoende vir twee quiche panne, deel die deeg in die helfte en rol eers een deel uit en plaas dit dan in die bak. Rol die tweede helfte uit, as die deeg te koud geword het om lekker uit te rol plaas dit vir 30 sekondes terug in die mikrogolf oond of tot dit weer sag genoeg is om uit te rol.


Gebruik vir die maak van pizzas maar moet nie die deeg oorlaai met “toppings” nie want dit kan die deeg in die middel pap maak.
Die deeg vries goed so bere elke oorskiet stukkie want die deeg is duur.





BESTE GRAANVRY PASTEIDEEG
2 Eetlepels Klapper olie
300 gram gerasperde mozzarella kaas
1 Koppie Self Raising Glutenvry meel van NATURES CHOICE
OF
3/4 koppie graanvry meel mengsel (sien nota onder)
1 eier, liggies geklits
1/4 teelepel sout.

Voorverhit die oond tot 200 grade C
Plaas die kaas en klapper olie in 'n mikrogolfoond bak, plaas die bak in die mikrogolfoond en smelt die Mozzarella kaas. Dit het 2 minute in my 1200 Watt mikrogolfoond geneem.
Voeg die Glutenvry of Graanvry meel by die gesmelte kaas en voeg die geklitste eier en sout by.
Roer vinnig tot amper gemeng, gooi uit en knie tot elasties en die meel goed versprei en ingemeng is.
Rol die deeg uit tussen twee lae kleefplastiek. As die deeg te koud word om uit te rol kan dit net vinnig weer verhit word tot dit sag voel.
GRAANVRY MEELMENGSEL
Meng 500 ml (2 koppies) amandelmeel met 150 ml (2/3 Koppie) klappermeel.
Stoor in 'n geseëlde houer en gebruik soos benodig.

4 comments:

  1. Dit lyk heerlik, dankie dat jy die glutenvry paadjie vir so baie uittrap!

    ReplyDelete
  2. Iets wat ek beslis gaan probeer.
    Net 'n paar vrae:
    Is die klapperolie essensiëel of kan dit met botter vervang word?
    Is die deeg nou 'amptelik' glutenvry?
    Kan/moet die deeg 'blind' gebak word?
    Sal eierwit help om te keer vir die 'soggy bottom'?
    Enige riglyne ivm hoe lank die baktyd is?
    Geluk met die blad!

    ReplyDelete
  3. Peter jy is welkom om botter te gebruik.
    Die deeg is geheel en al glutenvry.
    Nee die deeg hoef nie blind gebak te word nie.
    Ek het nog nie n soggy bottom ondervind nie maar ek sal graag wil hoe jy dit gevind het met n eierwit smeersel onder.
    Elke oond is anders maar ek sou sê 35 min

    ReplyDelete